Multimiljard Dollar belegging in Argentina se spoorweg

Posted on: July 6th, 2011 by Argentyn No Comments
Spoorweg in Argentinië

'n Trein op die Argentynse Pampa vlaktes

Hierdie week tydens ‘n konferensie in Buenos Aires is daar meer as 200 tenderversoeke uitgereik vir die restourasie van die spoorwegsisteem in die noorde van Argentinië.

Daar word bereken dat slegs 15% van die produksie van hierdie streke per trein vervoer word terwyl die res alles per vragmotor gedoen word.

Die belegging wat op sowat US$6 miljard gereken word is ‘n gesamentlike projek tussen die privaat en publieke sektore en is ‘n langtermyn projek wat daarop mik om vervoerkostes drasties te verminder en ook ‘n meer omgewingsvriendelike alternatief vir produsente beskikbaar te stel.

Hierdie is ‘n langtermyn projek wat nog vele struikelblokke moet oorkom maar dit is ‘n duidelike stap in die regte rigting om Argentinië se volle produksiepotensiaal te bereik veral in die relatiewe onontwikkelde noordelike gebiede.

Argentinië het tot in die eerste helfte van die die twintigste eeu ‘n baie goed ontwikkelde spoorwegsisteem gehad wat bykans die hele land verbind het maar a.g.v. interne politieke veranderings gekoppel aan die absolute lae pryse vir landbouprodukte het die sisteem in onbruik verval.

Die nuwe aanvraag na voedselprodukte asook die beter verhouding tussen geindustriliseerde produkte t.o.v. roumateriaal verseker ook dat hierdie projek sin maak uit ‘n ekonomiese oogpunt.

Dit is interessant om te merk dat een van die banke wat die projek finansier die Sjinese Ontwikkelings Bank is veral wanneer ‘n mens dit sien gesamentlik met die Sjinese projek om 300 000 hektaar in die suide van die land onder besproeiing te plaas.

Oor die algemeen is hierdie goeie nuus vir Argentynse boere maar dit gaan nog ‘n goeie tyd wees voordat die vrugte van hierdie projek te sien is.


Tags:

Leave a Reply



Google Plus

Facebook Page

Disclaimer

©2012 Laurik International. All rights reserved. by Argento interactivo