Groot soja oes verwag vir Brasilië in 2011

Posted on: January 30th, 2011 by Argentyn No Comments

Volgens die nuutste berigte vanuit die Brasiliaanse weerkantoor word bogemiddelde reënval verwag vir die sojaproduserende state van Brasilië.

Soja produksie in Suid Amerika - Laurik International

Soja in Suid Amerika gesien op 'n Laurik International landbou toer

Volgens ‘n woordvoerder word daar verwag dat Brasilië effens meer as die 69miljoen ton soja van verlede jaar se oes gaan produseer en skattings is rondom 70 na 71 miljoen ton.

Sommige streke in die soja-state het bogemiddelde reënval gehad vir Januarie en ander is baie naby aan die gemiddeld. Dit volg op goeie reënval gedurende Oktober en November.

Om self te kom kyk hoe soja in Suid-Amerika geproduseer word met Geenbewerking kontak ons gerus vir ‘n pasgemaakte landbou toer in Afrikaans.


Tags:

Leave a Reply



Google Plus

Facebook Page

Disclaimer

©2012 Laurik International. All rights reserved. by Argento interactivo