In ‘n aankondiging wat meer as een Argentyn na sy asem laat snak het is daar vandag deur die regering van die Provinsie van Río Negro verduidelik dat hulle tans in die tweede fase is van ‘n proses om 300 000Ha aan die Chinese Heilongjang Beidahuang State Farms Bussines Trade Group te verhuur vir 20 jaar.
Volgens die ooreenkoms sal die Chinese maatskappy wat reeds sowat 11% van dié asiaatiese land se voedsel produseer die besproeiings kapitaal verskaf terwyl die grond deur Argentynse boere bewerk gaan word met die verstandhouding dat die produksie aan dié maatskappy verkoop moet word teen internasionale pryse.
Alhoewel daar nog ‘n lang pad geloop moet word voordat die eerste produksie kan plaasvind en daar verskeie onduidelikhede is in hierdie basiese ooreenkoms is dit ‘n feit dat die Río Negro river sowat 900 kubieke meter per sekonde konstante vloei het wat tans ongebruik in die see invloei.
Die regering het ook genoem dat hierdie area vir die produksie van verskeie gewasse gebruik gaan word, nie net die tradisionele soja nie, maar ook bv. mielie kultivars waaraan die nasionale landbouinstituut, INTA, tans werk.
Daar word geskat dat hierdie projek sowat 100 000 nuwe werksposte gaan skep.
Tags: Afrikaans
