Die Hartbeesfontein Landbouvereniging Monsanto Toer van Argentinië 2011 vind plaas vanaf 18 September tot 2 Oktober 2011 en het as mikpunt om die verskille tussen Argentynse en Suid-Afrikaanse boerdery uit te wys.
Dit is ‘n geslote toer wat spesifiek op versoek van die Hartbeesfontein Landbouvereniging opgestel is vir 16 van hulle lede wat vir hulself wil kom sien hoe hierdie bewerkingsmetodologie in verskillende dele van Argentinië gebruik word.
Die onderliggende onderwerp van die toer is Geenbewerking as sisteem vir volhoubare boerdery en ons besoek o.a. die volgende punte:
-Geenbewerking Vereniging van Argentinië
-Monsanto se saadaanleg
-Metalfor spuit fabriek
-Ascanelli planter en laaiwaens fabriek
-Plase in die heuwelagtige sentrale gedeelte
-Plase in die droë weste
-Plase in die koeler suide
-Praatjies met kenners van Geenbewerking in verskillende grond en klimaatstoestande.
Die hele toer word in ‘n dubbelverdieping slaper bus gedoen en daar is 2 voltydse Afrikaans-, Engelse-, en Spaanssprekende gidese op die toer.
Kontak ons gerus vir meer inligting indien u sou belang stel in ‘n pasgemaakte toer vir u landbouvereniging of studiegroep.
Tags: Afrikaans


