Bewaringslandbou Wes-Kaap Suid-Amerika Toer 2012

Posted on: December 19th, 2011 by Argentyn

Western Cape Agriculture - Laurik International

Bewaringslandbou Wes-Kaap (BLWK) reël in Februarie ‘n geenbewerkingstoer na Brasilië en Paraguay.

Groot en klein plase en ‘n werktuigskou sal besoek word tydens die toer wat van Saterdag, 4 Februarie, tot Vrydag, 17 Februarie, plaasvind.

Reisplan:

Sondag, 5 Februarie 2012:
Aankoms op die Sao Paulo-internasionale lughawe, ontmoeting en vervoer na die hotel.
Oornag in hotel in Sao Paulo.

Maandag, 6 Februarie 2012:
Vlug na Asuncion, Paraguay en aand in die hotel daar.

Dinsdag, 7 Februarie 2012:
Reis van Asunción na Santa Rita – Naranjal.
Middagete in Santa Rita.
Middag: Plaasbesoeke.
Nag in hotel in Santa Rita.

Woensdag, 8 Februarie 2012:
Besoek aan plase in Santa Rita in die oggend en vroegmiddag
Reis na die grensstad, Ciudad del Este.
Gaan oor grens en oornag in Foz doen Iguassu by ‘n hotel op die roete na Cascavel.

Donderdag, 9 Februarie 9 2012:
Reis van Foz do Iguassu na Cascavel.
Besoek aan Agrishow
Nag in hotel in Cascavel

Vrydag, 10 Februarie 10 2012:
Besoek aan Agrishow
Ry 145 km na Foz do Iguassu
Nag in die hotel in Foz do Iguassu

Saterdag, 11 Februarie 2012:
Besoek aan die Brasiliaanse kant van die valle in die oggend en die Hidroëlektriese Plant Itaipu in die middag
Nag in Foz do Iguassu

Sondag, 12 Februarie 2012:
Besoek aan die Argentynse kant van die valle.
Nag in Foz do Iguassu

Maandag, 13 Februarie 2012:
Reis na Foz do Iguassu
Besoek aan Coodetec koöperasie en navorsingsstasie in die middag
Nag Cascavel

Dinsdag, 14 Februarie 2012:
Reis na Guarapuava
Besoek aan Agraria Koöperasie
Nag in Guarapuava

Woensdag, 15 Februarie 2012:
Reis na Campina Grande do Sul
Nag in Campina Grande do Sul

Donderdag, 16 Februarie 16 2012:
Reis van Capina Grande do Sul na Sao Paulo
Vlug na Suid-Afrika om 02:00 Vrydag oggend.

Afstande om per bus te reis (behalwe indien anders aangedui):

Bewaringslandbou Wes-Kaap Suid-Amerika Toer 2012 - Laurik International

Bewaringslandbou Wes-Kaap Suid-Amerika Toer 2012 - Laurik International

Van Sao Paulo na Asunción (per vliegtuig): 1400km
Van Asunción na Santa Rita: 340km (ongeveer ‘n 7 uur rit)
Van Santa Rita na Foz do Iguassu (Paspoort kontrole kan 2 ure duur, afhangende van hoeveelheid mense): 100 km (ongeveer ‘n 2.5 uur rit)
Van Foz do Iguassu na Cascavel: 145 km
Van Cascavel to Foz na Iguazú: 145km
Van Foz do Iguazú na Cascavel: 145km
Van Cascavel na Guarapuava: 272km
Van Guarapuava na Campina Grande do Sul: 300km
Van Campina Grande do Sul na Sao Paulo: 400km

Die koste vir die bostaande reisplan beloop:

US$3750 per persoon wat deel en
US$4400 per enkelreisende persoon

Hierdie reisplan sluit die volgende items in:

Hotelle:

1 nag se verblyf in Sao Paulo met ontbyt ingesluit.
1 nagte se verblyf in Asunción met ontbyt ingesluit.
1 nag se verblyf in Santa Rita met ontbyt ingesluit.
4 nagte se verblyf in Foz do Iguassu met ontbyt ingesluit.
2 nagte se verblyf in Cascavel met ontbyt ingesluit.
1 nag se verblyf in Guarapuava met ontbyt ingesluit.
1 nag se verblyf in Campina Grande do Sul met ontbyt ingesluit.

Vervoer:

Vervoer gedurende die toer in ‘n dubbeldekker bus.
Vliegtuigkaartjie vanaf Sao Paula na Asunción.

Persoonlike diens:

2 Voltydse Afrikaans-/Engels- en Spaanssprekende gidse.
Teenwoordigheid en praatjies deur Dr. Rolf Derpsch – Geenbewerking kenner

 

Ander:

Verwelkomings en afskeidsetes
Items wat nie ingesluit is nie:
Vliegtuigkaartjies tussen Johannesburg en Sao Paulo.
Alle items wat nie uitdruklik genoem word nie.
Alle persoonlike uitgawes soos reisversekering, telefoonoproepe, wasgoed en footjies.

GEELKOORSINSPUITING BENODIG VIR BESOEK AAN BRASIL EN PARAGUAY

Let asseblief dat alle tariewe in Amerikaanse Dollars gekwoteer is. Hierdie tariewe mag verander afhangende van wisselkoers veranderings in beskikbaarheid asook veranderings in belastings en heffings totdat die volle betaling ontvang is.

Laurik International behou die reg voor om nodige veranderings aan die reisplan te maak indien daar onvoorsienbare gebeure plaasvind.

Relevante skakels:

 


Tags:

Comments are closed.



Google Plus

Facebook Page

Disclaimer

©2012 Laurik International. All rights reserved. by Argento interactivo