Landbou Toere
Laurik International bied pasgemaakte toere om Argentina, die land met die beste landbou tegnologië en klimate vir u toeganklik te maak. Ons is die enigste maatskappy wat Argentina vir u kan wys in Afrikaans, Engels en Spaans en reël al Landbou.com – Landbouweekblad se webblad – se toere na Suid-Amerika.
Ons bied pasgemaakte toere vir groepe of enkelreisende persone. Daar is geen belangstelling te groot of te klein vir ons nie.
Kontak ons vir u pasgemaakte kwotasie.
Reis beplanning in Argentina en Suid-Amerika
Laurik International bied ‘n absolute premium diens aan vir reisbeplanning. Ons gaan verder as net u verblyf en vervoer reëlings en verseker dat al u vereistes nagekom word en dat u nie net “nog ‘n toeris” is nie.
Kontak ons vandag vir ‘n ongelooflike diens!
Konsultasie
Belegging in Argentinië
Argentinië is ‘n wonderlike land maar is nie altyd die eerste bestemming vir buitelandse belegging nie. Hier is egter onverbeterbare geleenthede vir die persone wat bereid is om die tyd te neem en hierdie land te verken. Laurik International verseker dat u altyd bewus is van die beleggings moontlikhede in Argentina en meer as dit dat u van hierdie geleenthede gebruik kan maak.
Kontak ons vir meer inligting oor moontlikhede hier.
Besigheid in en met Argentinië
Besigheid in die 21ste eeu is nie altyd so maklik as wat ‘n mens verwag nie en dit is veral waar wanneer u met ‘n land en wêrelddeel werk soos Argentinië en Suid Amerika. Die taal, kultuur, wette en regulasies maak dit ingewikkeld om u transaksies effektief te beklink.
Laurik International spesialiseer daarin om seker te maak dat die ooreenkomste wat u aangaan nagekom word en dat u ten alle tye bewus is van u verpligtinge, risiko´s en opsies.
Kontak ons vir verdere besonderhede.
Besigheidsreise
Die enigste en beste manier om ‘n land te verstaan is om dit self te besoek. Argentina en Suid Amerika is geen uitsondering nie maar die taal, kultuur en afstande maak dit moeilik om dit op u eie te organiseer. By Laurik International streef ons daarna om te verseker dat u tyd op die beste moontlike manier gespandeer word en dat u met die regte persone ontmoet wat weet waarvan u praat.
Eerder as om deel te wees van groot groepe mense wat nie noodwendig dieselfde belangstelling het nie reël ons spesifieke besoeke vir u en u besigheid.
Vertalings en tolk diens
Argentina se amptelike taal is Spaans en alle dokumente moet amptelik in Spaans vertaal word en gelgaliseer word deur Argentynse vertalers.
Die meeste mense in Argentinië het geen of net ‘n basiese begrip van Engels en daar ontstaan gereeld misverstande en onduidelikhede.
Laurik International se vertalings tussen Spaans, Afrikaans en Engels sal verseker dat u ten alle tye verstaan en verstaan word.
